Kwadrupleë en Parapleë
Kwadrupleë kan nie hul liggaamstempratuur reguleer nie – kan nie in die somer sweet nie en kan nie in die winter bewe nie.
Kwadrupleë en Parapleë gebruik permanent kateters met urine sakkies wat gereeld en higienies geruil moet word.
Kwadrupleë en Parapleë benodig medikasie om te assisteer met dermbewegings 2 – 3 keer per week.
Kwadrupleë en Parapleë moet 2 of 3 keer per nag gedraai word om druk sere te voorkom.
Kwadrupleë en Parapleë sit op spesiale drukkings kussings op hul rolstoele om drukking te verlig.
Toeganklike geboue – geen opritte teen die regte invalshoek, of glad nie enige opritte nie.
Publieke badkamers is nie altyd rolstoel vriendelik nie.
Winkels – Produkte wat hul benodig is nie altyd maklik verkygbaar op die rakke nie, en die gange is gewoonlik te smal.
Toeganklike parkering.
Toeganklike publieke vervoer.
Toeganklike plattelandse behuising.
Gesondheids dienste – Misverstand en verwarring by hospitale en hul personeel oor wat jou spesifieke individuele benodighede vir aanvaarbare akkomodasie wanneer opgeneem word.



